Jou Afrikaanse opvoedkundige webwerf

Meer inligting oor Kinderwerf

Kinderwerf is die top Afrikaanse opvoedkundige webwerf in die land! Kinderwerf voorsien unieke opvoedkundige produkte in Afrikaans! Kinderwerf besit ook die Loebi aktiwiteitsklub wat ‘n aktiwiteits en leesklub is vir kinders van 0-7 jaar. Vir meer inligting oor Kinderwerf gaan na:

www.kinderwerf.co.za

Vir meer inligting oor ons aktiwiteitsklub gaan na:

www.loebi.co.za

Meeste inligting wat op ons blog verskyn is gekry vanaf ons wonderlike Facebook blad. Baie dankie aan al die ouers wat so vrygewig hulle raad deel!

Gaan besoek ons op Facebook en word asseblief deel van ons blad!

www.facebook.com/kinderwerf

Die haantjie

DIE HAANTJIE

Haantjie klap sy vlerkies toe

En sê Koeke-doedel-doe!

Dit is tyd om op te staan:

Kinders moet nou skool toe gaan.

Haantjie, waarom tog so vroeg?

Ag, ek is tog nog so moeg.

Haantjie, stil tog asseblief

Ek het my slaap so lief.

Kinders, nee, dit is al laat

Al die mense loop op straat,

Eenmaal nog roep ek jul toe:

Koeke-doedel-doedel-doe!

KAALVOETJIES

Ek loop so graag met voetjies kaal,

Kaalvoetjies in die sand;

Ek speel so graag met water,

Met water buitekant.

Maar Moeder roep my binne,

Sy sê ek mors te veel.;

Ek wonder tog of iemand

Ooit sonder mors kan speel.

Twee blommetjies vir Mamma

“Twee blommetjies vir Mamma 

want sy kook my kos. 

Nog twee blommetjies vir Mamma, 

sy maak nare knope los. 

Twee blommetjies vir Mamma 

want sy sing vir my. 

Nog twee blommetjies vir Mamma, 

sy sit pleisters op ‘n sny. 

Twee blommetjies vir Mamma 

want sy luister as ek kla. 

Al die blommetjies vir Mamma. 

Sy is die mooiste, beste Ma” 

-Alba Bouwer- 

AS EK EENDAG GROOT IS…

As ek eendag groot is
Bou ek vir my ‘n huis
Met plek vir al die diere,
Van ‘n olifant tot ‘n muis.
In elkeen van die slaapkamers hou ek ‘n beertjie aan,
En weet jy, in die voorhuis, daar woon die bobbejaan!

Knortandjies…..

Kinderwerf mammas gee raad:

Vragie: is daar enige iemand wat vir my raad het my seuntjie van 2 sny nou kiestande is daar enige iets wat ek vir hom kan gee vir die pyn of om dit die tandjies te help deurkom dit sukkel vreeslik om deur te kom asb ek is al raadop???

( BAIE BELANGRIK! maak altyd eers by jou dokter of apteker seker voor jy van die voorstelle hieronder gebruik!)

  • Daktarin gel (vir infeksie)
  • Prodol (verdoof die tandvleis maar werk vinnig uit)
  • Ashton& Parsons se tandpoeier
  • 100 ml Ponstel & 100 ml. Ban Pain. Meng die twee in aparte bottle en gee 2.5 ml soos nodig.
  • Empaped setpille x 3 keer ‘n dag en dan Vidol tandepoeier.
  • Nurofen vir kinders.
  • Ponstel
  • ‘n Pyn stropie met anti-inflamatoriese middel  soos bv Neurofen soos bo genoem of Ponstel

 

Natuurlike raad:

“Ek vat die bottel se tietie en trek dit dit oor my vinger en masseer die tandjies wat begin uitkom hy hou daarvan.”

Harde goed om te kou soos biltong of boudoir koekies

Tandekry halssnoer

Soek jy ook raad? Word deel van ons Facebookblad en kom vra gerus jou kwelvrae!

 


Klei resepte:

 

Speeldeeg/klei:

2 koppies water½ koppie sout1 eetlepel Vaseline1 eetlepel Aluin kristalle 5ml Voedselkleursel Kook bogenoemde alles saam totdat aluin en Vaseline opgelos is. Verwyder van die stoof.Voeg by 2 koppies koekmeel.Knie dadelik goed deur terwyl die mengesl nog warm is ek voeg dan kleursel by en knie goed tot ons n mooi kleur het.

  • Vra vir jou apteek vir Aluin mens kry dit daar

Lekker klei resep:

1 koppie meel; 1/2 koppie water; 1 koppie sout. Kook sout + water. Voeg meel by en roer. Sit in lugdigte houer om af te koel. Maak vormpies en bak in oond teen 100 grade celsius tot hard, ongeveer 3-4ure. Versier!

 

Kook vingerverf

250ml koekmeelblom
250ml koue water
250ml suiker
750ml kookwater
Kleursel

Meng koekmeelblom en koue water. Voeg suiker by en meng. Verhit en roer totdat die mengsel glad is. Voeg kookwater by en laat opkook. Kleur met kleursel en laat afkoel.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Prettige aktiwiteite

Prettige aktiwiteite! (ouderdomme 2 tot 7 jaar)

Wonder jy hoe om jou kind besig te hou. Hier is aktiwiteite wat prettig EN leersaam is!

1: Macaroni halsnoere/juwele:

Verf verskillende patrone pastas. As droog ryg op dun tou stukke. Kan melk bottel proppe of knope tussen in ryg vir afwisseling.

 

Wat jou kind leer: Fyn motorise ontwikkeling, hand oog koördinasie, bespreek ook die verskillende kleure wat hy mee verf om sodoende vaslegging van kleure te doen.

2: Poskaart legkaarte:

Knip ou poskaarte in stukke en bou dan weer soos ‘n legkaart. Bere stukkies in ‘n koevert. Kan tydskrif prente op stewige karton plak en dan ook in stukke knip.

 

Wat jou kind leer: Fyn motorise ontwikkeling

3: Duim prentjies:

Smeer of druk duim in dik verf en maak vinger afdrukke op papier. Gebruik dan kokies of kryte en maak mense of diertjies of blommetjies van die afdrukke.

 

Wat jou kind leer: Fyn motorise ontwikelling, kreatiwiteit

4: Opruim wenk!
Baie keer na ‘n lekker speel, knip en teken sessie lê daar klomp papiertjies rond wat kleinding moet opruim en weggooi. Wys jou kind hoe om die papiertjie met een handjie op te frommel en sit die asblik ‘n entjie van jou kind af. Jou kleinding moet nou eers die papiertjie opfrommel en dan in die asblik gooi! Hou aan probeer tot sy dit in gegooi het en alle opgeruim is. Maak dit pret en tel die doele ook!
Wat jou kind leer: Deur die papier in een hand op te frommel oefen dit jou kind se klein vingerspiertjies. Die “doelgooi” in die asblik oefen hand-oog-koördinasie. Deur te tel oefen julle, haar syfers en natuurlik beste van alles- na die tyd is alles opgeruim!
5: Bak en brou letters:
Neem versiersuiker en “skryf” lekker dik met die versiersuiker op ‘n papaierbord enige letter wat jy jou kind wil leer. (Maak seker dis die KORREKTE skrif) Gee nou klein lekkertjies soos Smarties en Jellytots en laat jou kind die letter met die lekkertjies vorm. Gesels oor die lettertjie terwyl hy besig is en dink saam aan woorde wat met daardie letter begin.

Wat jou kind leer: Fyn motorise ontwikkeling, alfabet.

6: Musiek!

Luister saam met jou kind musiek en dans saam met hom. Terwyl julle dans leer hom goedjies soos om op een been te spring en met toe ogies vorentoe of agtertoe  te loop – raak kreatief met julle bewegings!

Wat jou kind leer:  Groot mororiese ontwikkeling, balans

7: Kleure en vorms soek:

Gaan speel in die tuin en kleure soek. Vandag soek julle net rooi goed, pluk rooi blomme, rooi bessies (hou mondjie dop!) ens. Fokus elke keer op ‘n ander kleur, of ‘n ander vorm. Wat is alles ‘n vierkant in die tuin? Wat is alles sirkels?

Wat jou kind leer: Visuele diskriminasie, kleure, vorms

8: Groei plantjie, groei!

Gaan koop plantjies en plant dit saam, laat sy dit elke dag water gee en kyk hoe dit groei!

Wat jou kind leer: verantwoordelikheid, wetenskap

Klei-speel aktiwiteite

KLEI!

Hou jou kleinding besig! Kinderwerf mammas gee raad:

Vragie:

Klei-speel: Hallo almal – ek weet nie van julle nie, maar my brein haak vas by balletjies rol, slangetjies rol en vormpies uitdruk met die klei!  Enige ander kreatiewer idees?

Mammas stel voor:

  • Rol die klei in ‘n slangetjie en dan  bou dan die slangetjies bo-op  ’n eenvoudig groot inkleur prent. Die kleuter kan dan so leer om binne die lyne in te kleur.
  • Laat hulle hul name bou met die slangetjies.
  • Knip klei. Dis beste manier om knip te oefen. Gebruik stompneusskertjie.
  • Met ‘n  2 jarige sal ek eers met vorms begin. laat sy met die wurpies die vorms bou. dit sal haar help om die vorms later te teken. Doen ook ‘n mensliggaampie
  • Ons kies ‘n vertrek in ons huis en probeer dan als daarin naboots. Ek maak ons playdough self so ons laat ons klei droog word as ons iets gemaak het en verf dit dan later in die week sommer enige kleure.
  • Rol ‘n balletjie en begin dit dan vorm deur oortjies en pote uit die sirkel te trek, kyk wie kan herkenbare diere maak en maak sommer n paar spesies van jou eie
  • Jy kan ook verskillende teksture aan die klei/deeg gee deur bv. fyn houtsaagsels of blinkers by te voeg. Hulle geniet dit ook om met plastiek diere in die klei te speel.

Kinderwerf stel voor:

  • Kies ‘n letter om met die klei te maak. Maak ‘n alfabet speletjie daarvan, vorm jou gekose letter met klei, soek prentjies wat met daardie woord begin en steek bv. klomp letters weg en jou kind moet net die gekose letter soek. Jy kan dieselfde met vorms ook doen. So leer hulle lekker speel-speel

Het jy ‘n vraag oor jou kind? Gaan vra dit gerus op ons Facebookblad


  • Maizena- Gebruik dit soos poeier
  • Rooi bos tee sakkie in doek na elke ruil.
  • Probiflora junior (beweer dit help vir hardlywigheid, loopmagies en sommer koliek ook!)
  • 2 keer n dag bad, bepanten salf (smeer in en moenie aanplak nie anders kan die doek nie absorbeer nie) en kaalboude in sonlig tenminste 3 keer ‘n dag vir tenminste 10 min lank. Die boudjies moet goed droog word. Die sonlig verig WONDERS!

(Gebruik die advies op eie risiko. Raadpleeg altyd eers jou dokter indien jy onseker is. Die raad is gegee deur ouers op ons Facebookblad. Het jy ‘n vraag wat jy ‘n antwoord op soek? Kom vra dit gerus op ons Facebookblad)

Mediese probleme:

Kinderwerf se facebook mammas gee raad!

Gaan vra gerus jou vragie ook op ons Facebook muur - daar is baie slim en oulike ouers wat deel is van ons blad wat graag help

(Vra altyd jou dokter se raad indien jy onseker is. Hierdie is nie raad van ‘n dokter nie, en die gebruik van enige van die voorstelle is op jou eie risiko)

Raad vir hardlywigheid

Vragie:
Hi, wil bietjie hoor watse raad het d mammas vir hardlywigheid. My seuntjie is 16 maande en ek sukkel BAIE, veral as hy tande sny. Dalk is daar ietsie wat ek nog nie probeer het nie….

Voorstelle:

Medikasie: (maak altyd eers seker by jou apteker of dokter voor jy dit gebruik)

Movicol/pegicol. (pegicol word vir klein kinders aanbeveel)

Lacson

Glisterine setpille

Duphalac dry, dis n poeier wat jy in alles en by alles kan gooi wat hy eet of drink.

Dulcolax setpille

Natuurlik hulpmiddels/raad: (maak seker by apteker of dokter voor jy dit gebruik veral vir babas en vir kinders onder 3 jaar)

Purity sappie: “prune juice” (pruime sap) (van die mammas beweer dat dit egter nie gaan help vir kroniese hardlywigheid nie)

“Milk of magnesia”

Bruin suiker in water.

Maak seker hy eet genoeg vrugte en drink genoeg water.

’n Paar druppels soetolie in sy melk- net tot sy magie gaan.

‘n Paar druppels olyfolie in melk

Probiflora Paed

Aloe Vera kristalle

Maak seker jy maak nie die melk te sterk aan nie- plat lepels, vee oortoliige korrels af met mes.

1/4 t (kinders) of 1 t (volwassenes) roulyn SAAD in sy ontbyt pap… dit proe neuterig so almal hou daarvan (Kyk natuurlik uit vir allergieë)

“Omega 3 en 6 met primrose oil aanvulling. Ek gebruik EyeQ kapsules en baie water. As kleinding nie lief is vir water nie gee biekies elke halfuur en drink saam want hulle drink makliker as hulle sien jy drink ook.”

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 3,018 other followers