Tuisgemaakte vingerverf en klei resepte

Klei resepte:

 

Speeldeeg/klei:

2 koppies water½ koppie sout1 eetlepel Vaseline1 eetlepel Aluin kristalle 5ml Voedselkleursel Kook bogenoemde alles saam totdat aluin en Vaseline opgelos is. Verwyder van die stoof.Voeg by 2 koppies koekmeel.Knie dadelik goed deur terwyl die mengesl nog warm is ek voeg dan kleursel by en knie goed tot ons n mooi kleur het.

  • Vra vir jou apteek vir Aluin mens kry dit daar

Lekker klei resep:

1 koppie meel; 1/2 koppie water; 1 koppie sout. Kook sout + water. Voeg meel by en roer. Sit in lugdigte houer om af te koel. Maak vormpies en bak in oond teen 100 grade celsius tot hard, ongeveer 3-4ure. Versier!

 

Kook vingerverf

250ml koekmeelblom
250ml koue water
250ml suiker
750ml kookwater
Kleursel

Meng koekmeelblom en koue water. Voeg suiker by en meng. Verhit en roer totdat die mengsel glad is. Voeg kookwater by en laat opkook. Kleur met kleursel en laat afkoel.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Tjoef-tjaf klei

Hou jou kleinding lekker besig met die MAKLIKE klei resep:

Jy het nodig: 2 koppies meel

1 koppie sout

2 teelepels olie

‘n koppie water

 

Doen dit so:

Meng die meel en die sout. Voeg dan die olie by en voeg dan die water stadig by tot dit so styf is soos wat jy dit wil hê. Deel op in bolletjies en kleur verskillende kleure met voedselkleursel.

 

Hierdie klei resep werk baie lekker! Blykbaar kan julle die klei na die tyd teen 250 grade bak vir ‘n uur in die oond, maar ons het dit nog nie probeer nie. Laat weet as dit werk!

 

Geniet dit!