Klei-speel aktiwiteite

KLEI!

Hou jou kleinding besig! Kinderwerf mammas gee raad:

Vragie:

Klei-speel: Hallo almal – ek weet nie van julle nie, maar my brein haak vas by balletjies rol, slangetjies rol en vormpies uitdruk met die klei!  Enige ander kreatiewer idees?

Mammas stel voor:

  • Rol die klei in ‘n slangetjie en dan  bou dan die slangetjies bo-op  ‘n eenvoudig groot inkleur prent. Die kleuter kan dan so leer om binne die lyne in te kleur.
  • Laat hulle hul name bou met die slangetjies.
  • Knip klei. Dis beste manier om knip te oefen. Gebruik stompneusskertjie.
  • Met ‘n  2 jarige sal ek eers met vorms begin. laat sy met die wurpies die vorms bou. dit sal haar help om die vorms later te teken. Doen ook ‘n mensliggaampie
  • Ons kies ‘n vertrek in ons huis en probeer dan als daarin naboots. Ek maak ons playdough self so ons laat ons klei droog word as ons iets gemaak het en verf dit dan later in die week sommer enige kleure.
  • Rol ‘n balletjie en begin dit dan vorm deur oortjies en pote uit die sirkel te trek, kyk wie kan herkenbare diere maak en maak sommer n paar spesies van jou eie
  • Jy kan ook verskillende teksture aan die klei/deeg gee deur bv. fyn houtsaagsels of blinkers by te voeg. Hulle geniet dit ook om met plastiek diere in die klei te speel.

Kinderwerf stel voor:

  • Kies ‘n letter om met die klei te maak. Maak ‘n alfabet speletjie daarvan, vorm jou gekose letter met klei, soek prentjies wat met daardie woord begin en steek bv. klomp letters weg en jou kind moet net die gekose letter soek. Jy kan dieselfde met vorms ook doen. So leer hulle lekker speel-speel

Het jy ‘n vraag oor jou kind? Gaan vra dit gerus op ons Facebookblad