Help jou kind om te konsentreer: Wenke vir tuis en klaskamer

Tessa Esmarelda Juries is ‘n remediërende onderwyser en Opvoedkundige Sielkundige op skoolvlak. Kinderwerf het haar genader om vir ons almal wenke en raad te gee van hoe om kinders se konsentrasie te verbeter.

Hier is Tessa se nuttige wenke:

Wanneer leerders sukkel met konsentrasie moet die volgende in gedagte gehou word:

  1. Omgewingsfaktore, binne en buite gebou, soos geraas, moet beperk word om te verhoed dat aandag versteur word;
  2. Pasop vir te veel op ‘n tyd;  te veel informasie op ‘n slag, op ‘n bladsy, kan leerder ontmoedig;
  3. Breek taak op in kleiner take en beklemtoon belangrikheid van elke stap, en voltooiing van taak in geheel;
  4. Bogenoemde(3) geskied deur stapgewyse, geduldige proses met sorgvuldigeherhaling;
  5. Laat kort pouses toe tussen klein takies;
  6. Werk met leerder op permanente, geskikte plek weg van verwarmers, lugversorgers, verkoelers, vensters en deure om omgewingsstimuli te verminder of te beperk;
  7.  Hou by roetine en probeer om nie baie veranderinge te maak nie aangesien leerder moontlik nie goed veranderinge sal kan hanteer nie;
  8.  Volop prysingaanmoediging en motivering is baie belangrik vir uitbou van selfbeeld, eie waarde en as waardering vir goeie pogings;
  9. Kies interessante onderwerpe wat leerder se aandag boei en lank gevange hou, binne sy/haar ervaringsveld en binne die konteks van leerplan;
  10. Verkort en vereenvoudig sinne en woorde sonder om belangrike inligting verlore te laat gaan;  dit het ook ten doel om inhoud te verminder om sodoende kind te help om slegs die belangrike informasie te onthou;
  11. Verander name en objekte om inligting makliker te lees, bv.  Andries het 20albasters  na Piet het 20 lekkers.
  12. Kleurryke aanbieding, maar waak teen te veel kleur;
  13. Stemtoonvariasies vir hard en sag en eenvoudige taal wanneer instruksies gegee word;
  14.  Ontwikkel ‘n sein tussen jy en die kind om ‘n vertrouensverhouding te bou en hom/haar te herinner om aandag te skenk, bv. ‘n kodewoord wat net julle gebruik;
  15. Wees sensitief vir wisselende emosies;  vermy vergelykings met ander kinders wie moontlik beter konsentreer;
  16. Maak gereeld oogkontak, spontane aanraking en gebruik positiewe taalgebruikgedurende interaksie;
  17. Sorg vir duidelike instruksies en maak seker leerder verstaan wat verwag word;
  18. Gebruik demonstrasies wanneer jy proses/informasie verduidelik en beweeg van konkrete na abstrakte, bekende na onbekende (ook in voorbeelde)
  19. Vermy frustrasie en aggressie vanaf jou (volwassene) kant om te verhoed dat kind rebels raak;
  20.   Fokus op onaanvaarbare gedrag eerder as op die persoon self.

 

Konsentrasie kan verder uitgebou word met die volgende:

  • Rympies, liedjies, prente en assosiasies om inligting te onthou;
  • Aktiwiteite wat vaardighede in volgende persepsies verbeter:  gehoor-, onthou- en orde persepsie (volgorde van gebeure, oopeenvolging), Gehoor afsluiting(luister en voltooi informasie bv. Raaisels, klappatroon)’ en Gehoor- en figuur agtergrond identifikasie (om aandagspan te verbeter,bv. Gehoorspeletjies)
  • Vermy te klein of te groot prente met te veel lyne en inligting, of ‘n bladsy met te veel informasie, en laat genoeg spasies en ruimte tussen tekste en prente op so ‘n manier dat dit nie die leerder se aandag wegneem van die teks nie;
  • Kry professionele hulp by ‘n neuroloog om net ‘n assessering te maak van die omvang van die probleem en of daar wel ‘n probleem is wat aandag moet geniet. Dit sal ook gemoedsekerheid verskaf.

Nog ander inligting is beskikbaar, en is bogenoemde seleksies gemaak  omdat dit basies die kernpunte is wat aandag benodig tydens remediëring  en intervensie.

Het jy enige verdere vrae ? « Comment »  hieronder en ons sal vir Tessa vra om jou te help.

Skryf ook in vir Kinderwerf se nuusbrief by www.kinderwerf.co.za/nuusbrief 

One thought on “Help jou kind om te konsentreer: Wenke vir tuis en klaskamer

  1. HALLO TESSA
    JONG MY DOGTER 15 GRAAD 9 SUKKEL MET WISKUNDE , SY LEER MAAR SLAAN TOE AS SY MOET EKSAMEN SKRYF VERSTAAN NIE SO GOED WISKUNDE HET JY HULP?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s