Is jou kleinding vol fiemies? Ons het raad!

Ons het die volgende vragie ontvang en Gerda Henrico gevra om vir ons ‘n antwoord saam te stel. Baie dankie Gerda!

Vraag:

“Hi daar,

Miskien kan iemand vir my raad gee – my seuntjie word binnekort 2 jaar, maar eet ongelooflik swak van geboorte af – die ginekoloog het destyds op die sonar gemerk dat sy magie klein is. Hy sal bv 3 happies kos of pap eet en se hy is ‘klaar’. Waar begin ‘n mens antwoorde soek of is hy maar net ‘n ‘fussy’ eter?”

Hier volg Gerda Henrico se antwoord:

‘n Goeie multivitamien en B-vitamien, sal help om eetlus aan te wakker.

Verder is nie ek of die dieetkundige bewus van enige siektetoestand of abnormaliteit wat ‘n ‘klein magie’ behels nie, maar elke kind en mens verskil, die kind het dalk regtig ‘n klein maagkapasiteit of wil dalk maar net nie baie op ‘n slag eet nie, en ek dink nie mens moet hom forseer nie. Estelle Viljoen, ‘n dieëtkundige, stem saam.

Estelle se aanbevelings is as volg

–          Ek beveel aan dat die ma hom maar net meer gereeld klein etetjies en “snacks” gee, ongeveer elke twee ure.

–          Nie te veel vloeistof voor die etes gee nie, en sy melk voedings verminder, as hy nog enigsins melk drink.

–          Oppas om nie te veel veselryke of growwe kos te gee nie, want dit kan hom onnodig vinnig versadig laat voel (bv gee maar eerder witbrood as bruin, gewone pasta i.p.v. vol graan, nie vol graan pap nie, ens)

–          Probeer dat hy rondom ander kinders eet, omdat kinder geneig is om te wil doen wat die maatjies doen. Of sy kan hom op haar skoot sit terwyl hulle aan tafel eet, dat hy homself sommer so uit haar bord help.

–          Laat hom toe om met die kos te speel en lekker vuil te raak ook! (Ek (Gerda) doen dit nou tans met my seuntjie, hy kies die helder kleurige wortel blokkies en mielietjies uit tussen rys en aartappel en hoender!)

–          sy kan ook die kos ‘snaaks’ laat lyk deur bv ‘n gesiggie op ‘n bord te pak met die kos, en dan ‘n speletjie van die etery te maak. of vrugtestukkies op ‘n sosatiestokkie ryg ipv om dit net so te gee, of enige iets interessant of ‘anders’ as waaraan die kind nou gewoond is.

(Die tegniek word ook genoem in die boek deur Gina Ford “Top Tips for Fussy Eaters wat die mamma dalk kan aanskaf)

–          Mens kry kinders wat ‘tas-sensitief’ is en nie daarvan hou om aan sekere teksture te vat of te proe nie, sy kan hom ook altyd na ‘n spraak- of arbeidsterapeut vat vir ‘n evaluasie. kan dalk ook lae spiertonus in die mond of dalk slukprobleme he, of iets soos ‘n chroniese sinusdrup kan hom narerig laat voel en sy eetlus demp. So daar is baie mediese goed wat oorweeg kan word.

Ek sal aanbeveel dat sy hom vir ‘n deeglike ondersoek vat by ‘n pediater, en al die moontlike probleme ondersoek.

–           Baie belangrik – as die kind voldoende groei, maw as als reg lyk op sy groeikaart, as die kind vrolik, gesond en spelerig is – dan is daar nie vreeslike rede tot kommer nie. maar as sy groeikurwe afplat of nie groei volgens die standaard nie, of die kind is sieklik, moeg of passief, dan moet mens verdere ondersoek instel.

Sy kan ook gerus op http://www.babycenter.com gaan kyk, daar is baie oulike wenke oor ‘fussy eaters’ en allerande baba-en kinder probleme, en mammas wat saam kla en raad gee!

–          Jogurt is gewoonlik ‘n treffer by meeste kinders en dis nogal ‘n goeie voedingsryke kossie, want dit bevat proteien en stysel en kalsium en allerande ander minerale ook. as hy grereeld ‘n jogurtjie kan inkry sal dit goed wees.

–          Onthou ‘n gebalanseerde ete bestaan uit ‘n proteien, ‘n stysel en ‘n plant, en dan ‘n gesonde vet ook, bv avo of botter of olie in die gaarmaakproses. maar ek weet dit is ‘n vreeslike uitdaging om enige kleuter (en meeste volwassenes ook!) te kry om so gebalanseerd te eet, so sy moenie voel sy is alleen nie!

Estelle Viljoen (Geregisteerde Dieetkundige)

Izelda Jurgens Dieetkunde praktyk

Kilnerpark Mediese Sentrum

Anna Wilson straat 255

Kilnerpark

012 333 0150 / 0722476037

Wenke wat in Top Tips for Fussy eaters aangeraak word is ook

–          Moenie jou peuter dwing om te eet (soos Estelle se as sy groeikaart geen abnormaliteite wys is hy nie onder voed nie.

–          Moenie jou kind omkoop met soetgoed nie

–          Hou by ‘n roetine vir maaltye en tussenhappies

–          Doen moeite met aanbiedinge (die gesiggie soos Estelle genoem het)

–          Skep klein porsies op; te veel is intimiderend.

–          Eet aan tafel; nooit by die televisie nie (alhoewel ek al gesien het my seuntjie (13maande) so in die storie ingeleef raak dat hy sonder om te dink sommer die mondjie oop maak vir die volgende happie…)

–          Stel jou baba bloot aan verskeie smake.

Het julle enige verdere vrae vir Gerda. Pos dit gerus op ons Kinderwerf muur.

http://www.kinderwerf.co.za: Afrikaans!Opvoedkundig! Uniek!

http://www.facebook.com/kinderwerf

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s