Skattejag met ‘n “twist”

Ons almal weet hoe baie kinders ‘n skattejag geniet, maar wat van ‘n skattejag met ‘n “twist”?

Jy kan die skattejag konsep gebruik om jou kinders ENIGE iets te leer. Hier is ‘n paar idees:

* Skryf ‘n paar letters op gekleurde kaartjies (een op elke kaart- en onthou om jou letter reg te vorm), en steek die kaartjies weg in ‘n kamer in julle huis.

Moedig nou jou kind aan om bv. net die ‘a’s te soek (sorg dat daar ander letters ook is) en gee vir haar ‘n sterretjie vir elke a wat sy kry. Sy kan ook bv. 5 a’s ruil vir ‘n prys ens.

Hierdie is ‘n lekker manier om die letters wat jou kind mee sukkel te oefen.

Jy kan die boonste metode ook gebruik om bv. kleure te leer: “Soek vir mamma al die rooi kaartjies.”

Vir jou ouer kinders kan jy dit gebruik om algemene kennis uit te brei: “Soek al die insekte, al die karnivore ens.”

 

So laat die soektog begin!

“Comment” gerus indien jy enige idees het om by te las of gaan skryf op ons Facebook

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s