Sukkel jou kind om te konsentreer? Kyk eerste na jou kind se leerstyl!

Daar is verskeie redes waarom party kinders meer as ander sukkel om te konsentreer. ‘n Groot oorsaak vir konsentrasie probleme kan egter jou kind se leerstyl  wees.

 

Kinders wat leer deur beweging sukkel om inligting op meer “konvensionele” maniere (soos kyk en luister) in te neem en dikwels maak skole ook nie voorsiening vir hierdie tipe leerders nie.

 

Kyk hier of jou kind grootliks leer deur beweging.

Wanneer my kind praat:

Maak sy baie staat op liggaamstaal

* Sy praat nie baie nie

* Dit is soms moeilik om haar spraak te verstaan

 

Wanneer my kind speel:

* Verkies sy dit om buite te speel.

* Sy haal goed uit laai en van rakke af.

* Sy haal speelgoed uitmekaar

* Sy hou van groepsaktiwiteite

 

Wanneer my kind beweeg:

* Hou hy daarvan om te klim

* Hy is baie goed gekoördineerd

 

Wanneer my kind by ander mense is:

* Hou hy daarvan om gewieg te word en vasgehou te word

* Hy soek baie drukkies

* Hy is baie sensitief en hou baie van mense

 

Wanneer my kind voel:

* Hy voel maklik seergemaak

* Hy kan maklik woede uitbarstings kry

* Hy gee baie om vir ander mense en sal maatjies troos wat seerkry

 

Wanneer my kind leer:

* Boots sy ander mense na

* Sy onthou aktiwiteite die beste nadat sy dit gedoen het

2 thoughts on “Sukkel jou kind om te konsentreer? Kyk eerste na jou kind se leerstyl!

  1. hierdie leerstyl is van toepassing op my dogter van gr3. sy beweeg baie en hou daarvan om in ‘n ander wereld te wees. sy het ‘n verbeelding wat skrik vir miks kan reeds 3 tale praat en lees sy baie en lees sy haar maats onder die tafel in. maar konsentreer is min. sy kan nie haar toetse binne ‘n gegewe tyd afhandel nie en dit wat sy doen is goed. asb het u raad

    • Beste Mike

      Ons het ander konsentrasie artikels ook op die blad wat waardevol vir julle sal wees. Het jy dit al met jou kind se Juffrou bespreek. Sy behoort ook vir jou goeie raad te kan gee.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s