Prettige aktiwiteite

Prettige aktiwiteite! (ouderdomme 2 tot 7 jaar)

Wonder jy hoe om jou kind besig te hou. Hier is aktiwiteite wat prettig EN leersaam is!

1: Macaroni halsnoere/juwele:

Verf verskillende patrone pastas. As droog ryg op dun tou stukke. Kan melk bottel proppe of knope tussen in ryg vir afwisseling.

 

Wat jou kind leer: Fyn motorise ontwikkeling, hand oog koördinasie, bespreek ook die verskillende kleure wat hy mee verf om sodoende vaslegging van kleure te doen.

2: Poskaart legkaarte:

Knip ou poskaarte in stukke en bou dan weer soos ‘n legkaart. Bere stukkies in ‘n koevert. Kan tydskrif prente op stewige karton plak en dan ook in stukke knip.

 

Wat jou kind leer: Fyn motorise ontwikkeling

3: Duim prentjies:

Smeer of druk duim in dik verf en maak vinger afdrukke op papier. Gebruik dan kokies of kryte en maak mense of diertjies of blommetjies van die afdrukke.

 

Wat jou kind leer: Fyn motorise ontwikelling, kreatiwiteit

4: Opruim wenk!
Baie keer na ‘n lekker speel, knip en teken sessie lê daar klomp papiertjies rond wat kleinding moet opruim en weggooi. Wys jou kind hoe om die papiertjie met een handjie op te frommel en sit die asblik ‘n entjie van jou kind af. Jou kleinding moet nou eers die papiertjie opfrommel en dan in die asblik gooi! Hou aan probeer tot sy dit in gegooi het en alle opgeruim is. Maak dit pret en tel die doele ook!
Wat jou kind leer: Deur die papier in een hand op te frommel oefen dit jou kind se klein vingerspiertjies. Die “doelgooi” in die asblik oefen hand-oog-koördinasie. Deur te tel oefen julle, haar syfers en natuurlik beste van alles- na die tyd is alles opgeruim!
5: Bak en brou letters:
Neem versiersuiker en “skryf” lekker dik met die versiersuiker op ‘n papaierbord enige letter wat jy jou kind wil leer. (Maak seker dis die KORREKTE skrif) Gee nou klein lekkertjies soos Smarties en Jellytots en laat jou kind die letter met die lekkertjies vorm. Gesels oor die lettertjie terwyl hy besig is en dink saam aan woorde wat met daardie letter begin.

Wat jou kind leer: Fyn motorise ontwikkeling, alfabet.

6: Musiek!

Luister saam met jou kind musiek en dans saam met hom. Terwyl julle dans leer hom goedjies soos om op een been te spring en met toe ogies vorentoe of agtertoe  te loop – raak kreatief met julle bewegings!

Wat jou kind leer:  Groot mororiese ontwikkeling, balans

7: Kleure en vorms soek:

Gaan speel in die tuin en kleure soek. Vandag soek julle net rooi goed, pluk rooi blomme, rooi bessies (hou mondjie dop!) ens. Fokus elke keer op ‘n ander kleur, of ‘n ander vorm. Wat is alles ‘n vierkant in die tuin? Wat is alles sirkels?

Wat jou kind leer: Visuele diskriminasie, kleure, vorms

8: Groei plantjie, groei!

Gaan koop plantjies en plant dit saam, laat sy dit elke dag water gee en kyk hoe dit groei!

Wat jou kind leer: verantwoordelikheid, wetenskap

2 thoughts on “Prettige aktiwiteite

  1. Neem ‘n bal saam parkie toe (sommer die gewone plastiekballe wat in die meeste supermarkte verkrygbaar is). Vra vir Poplap om loodreg teenoor die swaai te sit (op die bal). Sy moet so ‘n bietjie fokus op haar postuur deur op die bal te bly, haar kop stil te hou en vir Mamma te volg – wat swaai! ‘n Mens maak natuurlik beurte om te kyk of die ou op die swaai “dit reg doen”…Indien Ma nie wil swaai nie, kan julle ‘n pop of ‘n kussing op die swaai stoot.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s