Afrikaanse Skoenveter Rympies

Ons kry dikwels op Kinderwerf versoeke van ouers en onderwysers vir Afrikaanse rympies om die kleinspan te leer om hulle skoenveters vas te maak. Met die hulp van ‘n paar oulike mammas op ons Facebookblad www.facebook.com/kinderwerf het ons die volgende rympies vir julle gevind. Watter een is jou gunsteling?

 

Hasie-gaatjie

Hasie-gaatjie

om die draaitjie,

spring gou deur,

vasgekeer! (Met vasgekeer trek jy die veter vas!)

 

Twee klein wurmpies:

Twee klein wurmpies,

Piet en Tom,

die enetjie trek sy ruggie krom,

die ander hardloop om en om,

kruip so woeps onderdeur Tom,

nou is altwee se ruggies krom!

 

In die gat…

In die gat is daar n boom (maak knoop)

In die boom is daar n gat (maak n strik)

Om die boom dans die haas (vou die veter om die ander veter)

In die gat val die haas (steek een veter deur ander veter)

Woeps val die boom se gaatjie plat. (trek die veters styf)

 

Daar was ‘n boompie…

Daar was ‘n boompie,

hasie hardloop om die boompie,

in die gaatjie

en daar steek die ore uit!

 

Twee kleine hasie maatjies

Twee kleine hasie maatjies gee mekaar n drukkie.

Twee kleine hasie maatjies het ‘n gaatjie.

Een kleine hasie maatjie hardloop rondom die boompie.

Een kleine hasie maatjie spring in die gaatjie,

en daar trek ons die oortjies!

Vas is die skoentjie my pampoentjie!

3 thoughts on “Afrikaanse Skoenveter Rympies

    • Beste Michelle
      Ons is bly jy geniet die rympies. Daar behoort ‘n epos knoppie onderaan die post te wees. Of jy kan bloot die rympies copy en paste en in ‘n WOrd dokument gooi.
      Groete!

  1. Ek is mal oor al die oulike rympies en krap al vir die afgelope paar ure hier rond ! Ek wil net weet of u my dalk kan help ek het n seuntjie in graad 2 wAt deelneem aan die eistedfod en moet n gediggie voordra maar die gediggie moet tenminste 2min lank wees ek sal dit so baie wardeer as u ietsie ouliks het vir hom om die beoordelaars me te verower met baie wardering gRoete

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s