20 Maniere om vir jou kind te sê:”Ek is lief vir jou”

Februarie is die maand van liefde! Hier is 20 maniere om vir jou kind te sê:” Ek is lief vir jou”
1) Laat haar toe om te mors
2) Speel saam met haar
3) Vertel hom jy is trots op hom.
4) Glimlag vir haar die oomblik wat jy haar sien.
5) Moenie voor jou kind baklei nie.
6) Vra haar mening oor dinge
7) Dans saam!
8) Kyk na jou babatjie as jy hom voer.
9) Maak altyd tyd vir jou kind.
10)Jy kan nooit genoeg sê dat jy lief is vir haar nie.
11) Blaas vir jou kindertjies soentjies
12) Dra haar gusnteling kleur
13) Hardloop saam met hom deur die sproeier
14) Vra haar wat sy die dag wil doen.
15)Teken saam prentjies
16) Help hom om die mens te word wat hy is, nie wat jy wil hê hy moet wees nie.
17) Dink lawwe byname vir mekaar uit.
18) Maak dit pret om doeke te ruil. Kielie hom, trek gesigte, sing liedjies en maak geluide.
19)Luister na jou kind.
En nommer 20…. die belangrikste van alles: wees lief vir haar nes sy is!

hartjie

Lewer kommentaar