Emosionele skoolgereedheid

Dit gebeur dikwels dat kinders reg is vir Graad 1 in alle aspekte maar dat hulle nog sukkel met hulle emosionele ontwikkeling. Hier is ‘n paar vragies wat jy kan beantwoord om te kyk of jou kind emosioneel reg is vir groot skool:

* Is jou kind oormatig skaam voor ander mense?

* Huil hy maklik?

* Is hy stadig om opdragte uit te voer?

* Kan hy voor ander optree?

* Is hy huiwerig om aan groepsaktiwiteite deel te neem?

* Kan hy sonder sy mamma wees vir ‘n paar ure van die dag?

* Verwar hy fantasie met werklikheid?

Indien jy ja geantwoord het op die boonste vragies beteken dit dat daar nog werkies is om te doen voor jou kind Graad 1 toe gaan. Daar is egter ook ‘n paar ander faktore om in ag te neem, soos:

* Jou kind se persoonlikheid (party kinders is meer van ‘n introvert as ander)

* Jou kind se ouderdom. Kinders wat laat in die jaar verjaar, is meer geneig om nog nie emosioneel skoolgereed te wees nie.

* Julle persoonlike omstandighede. Indien daar trauma in die gesin was of selfs bloot ‘n verandering, soos ‘n trek ens. Al hierdie kan spanning by ‘n kind veroorsaak wat ook maak dat hulle emosioneel daaronder lei.

* Oormatige streng of toegewende ouers kan ook maak dat die kind nie skoolgereed is nie. Oormatige streng ouers is geneig om nie hulle kinders toe te laat om hulle emosies uit te druk nie. Aan die ander kant van die skaal kan ouers wat weer hulle kinders toelaat om te veel emosies uit te druk en hulle nie leer hoe om dit te beheer nie, ook ‘n bydrae lewer tot die kind se emosionele ontwikkeling.

Gewoonlik is dit egter ‘n sameloop van omstandighede. Gelukkig is daar baie wat jy kan doen om jou kind te help leer oor emosies.Hier is ‘n paar goed wat julle kan doen:

* Praat met jou kind. Gesels oor emosies en wat aanvaarbare gedrag is en wat nie. Bespreek elke emosies soos volg:

– Noem die emosie se naam- bv. kwaad word/woede

Vra nou die vraag: Mag ‘n mens kwaad word?

Antwoord: Natuurlik! Almal word kwaad.

Gee nou voorbeelde van goed wat jou kwaad maak.

Vra jou kind om goed te noem wat haar kwaad maak.

Vraag: Wat mag ‘n mens doen as jy kwaad word?

Antwoord: Jy mag…. die boom slaan met ‘n stok, maar jy mag nie ‘n maatjie slaan nie. Jy mag…. gaan skree in jou kussing waar niemand jou hoor nie, maar jy mag nie in ander se ore skree nie. Jy mag saggies tel tot by 10 en diep asem haal. Jy kan op jou fiets gaan ry tot jy beter voel. Dink saam aan nog goed.

Gesels ook hier oor wat jou kind gewoonlik doen as sy kwaad is. Gesels of dit aanvaarbaar is of nie en dink saam aan ander alternatiewe wat sy kan doen as sy kwaad is.

Noem ook dat jy ook soms verkeerd optree as jy kwaad is, en dat jy bv. ook soms skree ens. maar dat dit nie mooi is nie. Sê julle gaan saam oefen om beter manier te kry om julle woede te hanteer.

Die belangrikste hier is om eerlik te wees en glad nie met jou kind te raas of te oordeel nie. Jou kind moet veilig voel in die gesprek. Julle kan selfs grappies maak ens. enige iets om die boodskap oor te dra.

Herhaal bogenoemde gesprek met al die ander “moeilke” emosies ook, soos bv. huil/hartseer en frustrasie (‘n GROOT een by kinders)

Verduidelik telkens dat ALLE mense soms so voel en dat dit NORMAAL is. Julle gaan saam planne maak van hoe om aan goeie maniere te dink om elke keer beter te voel!

Dit is ook baie belangrik dat jou kind ‘n veilige spasie het in die huis waar hy wel al sy emosies kan uitleef. Soos bv. sy kamer. Maak toe die deur en gaan slaan die kussing. Skree in die kussing. Huil (mamma sal kom troos as hy wil), kry dit uit hom uit.As hy uitkom dan voel hy beter. (Ons doen dit mos maar almal!)

Dus wenke in ‘n neutedop:

* Gesels oor emosies. Verduidelik dat dit normaal is. Gesels oor aanvaarbare maniere om emosies uit te druk.

* Gesels oor jou eie emosies. Wanneer jy kwaad ens is, verduidelik aan jou kind (waar moontlik) waarom jy kwaad is ens. Hulle leer baie uit voorbeelde.

* Gee jou kind ‘n veilige spasie waar hy sy emosies kan uitdruk.

* Teken prentjies en lees stories oor ander se emosies en wat hulle daarmee doen. Identifiseer gereeld emosies in stories. Bv. In hierdie storie was Loebi die drakie kwaad.Waarom was hy kwaad?WAt het hy gedoen? Was dit reg of verkeerd wat hy gedoen het?

Indien jy egter voel dat jou kind werklik sukkel om sy emosies onder beheer te kry, gesels met jou kind se juffrou. Sy sal ook raad hê en sal jou kind bes moontlik aanbeveel om ‘n opvoedkundige sielkundige of arbeidsterapeut te gaan sien.

Martie Kruger

www.kinderwerf.co.za

Lysie vir skoolgereedheid

Hier volg ‘n lysie wat jy kan gebruik om seker te maak dat jou kleinding gereed is vir skool! Indien jy onseker is oor enige iets is jy welkom om jou vragies op Kinderwerf se Facebookblad te gaan vra.

Handvaardighede (fyn motories)

Kan jou kind die volgende doen:

* homself uit-en-aantrek?

* haar knope vas -en -losmaak?

* veters vasmaak

* naam skryf

* inkleur

* knip en plak

* skeur en plak

* vorms na-trek

* legkaarte bou

(Indien jou kind hiermee sukkel kan jy registreer as Kinderwerflid. Dit kos net R150 ‘n jaar en julle kry elke maand ‘n paar werkskaarte via epos wat jou kind gou-gou reg vir skool sal kry.  Vir inskrywings gaan na :http://www.kinderwerf.co.za/sluitaan.php)

Woordeskat

* Praat jou kind suiwer Afrikaans en gebruik sy regte uitspraak. Bv. ma nie mo nie, huis, nie hys nie

* Jou kind moenie “baba” taal praat nie, soos bv. hom se skoene ens.

* Gee ‘n opdrag net een keer. Maak seker dat jou kind luister.

* Jou kind moet ander mense kan groet.

As jou kind hiermee sukkel- lees baie boekies! Gaan  http://www.facebook.com/pages/Loebi/152771301458717?ref=ts of www.loebi.co.za vir heerlike self en voorleesboekies en ‘n gratis storie!

Vir verdere probleme kontak ‘n spraakterapeut vir ‘n evaluasie.

Ken sy haar:

* adres?

* telefoonnommer?

*ouderdom

* vorms- vierkant, sirkel, reghoek, driehoek

* kleure

Oë: (visueel)

* Kan sy bv. die vorm wat nie pas nie uitken. (Kinderwerflidmaatskap help hiervoor ook)

* Kan sy onthou wat sy sien? Bv. pak 5 voorwerpe voor haar uit. Neem weg en vra watter voorwerp is nou weg.

* Hy moet ‘n reguit lyn kan natrek.

* Hy moet ook ‘n reguit lyn tussen twee lyne kan trek.

Probleme- maak seker daar skort niks met jou kind se visie nie, verder doen baie visuele oefeninge met jou kind. Soos bv. volg jou vinger met hulle oë sonder om kop te draai, of flits se liggie. Doen bogenoemde oefeninge ook gereeld.

Ore (ouditief)

* Noem ‘n paar woorde soos bv. kap en kat – kan jou kind die verskil hoor en aandui?

* Laat jou kind met sy rug na jou toe staan. Vra klanke soos: b,v,w,r ens. Jou kind moet die klank kan herhaal. Doen ook dieselfde met syfers.

* Kan jou kind onthou wat hy hoor? Bv. vra ‘n paar syfers en jou kind moet dit heraal. Begin met 3 syfers, bv. 4,9,1 en maak dan geleidelik meer. Herhaal ook met klanke.

* Kan jou kind ‘n kort sin herhaal?

Algemene Spel

Kan sy:

* ‘n bal gooi, bons en skop.

*balanseer (laat een been staan)

* Spring op alternatiewe voete

* Oor iets spring

* touspring

Probleme hier: Bou hindernisbane in die tuin. Kruip onder die tafel deur, spring oor die bal en loop dan op die tou. Maak dit pret. Speel baie balspeletjies. Indien jou kind baie sukkel neem hom na ‘n arbeidsterapeut toe vir ‘n evaluasie.

Jou kind behoort ook voor skool sy syfers 1-10 te ken en die alfabet letters. Hulle doen dit weer in Graad 1, maar as jou kind sukkel gaan hy agter raak. Oefen dit nou al. Kinderwerf se alfabet en syfers CD is perfek om hiermee te help. Kontak mail@kinderwerf.co.za vir meer ingligting of gaan na: http://www.kinderwerf.co.za/winkel.php?c=11

Maak ook seker jou kind is emosioneel skoolgereed

Potloodgreep is ook baie belangrik. Jou kind se Graad R juffrou behoort te sorg dat dit reg is. Bespreek met jou kind se juffrou indien jy onseker hieroor is.

Daar is nog baie ander faktore wat ook getoets kan word, maar hierdie is genoeg vir jou as ouer om seker te maak jou kind is op standaard.