Oulike sê-goed!

In Augustus 2011 het Kinderwerf ‘n “Vra-jou-kind-kompetisie” gehou. Dit was baie pret! Ons het elke dag ‘n vragie gevra en dan het die ouers die kinders se antwoorde met ons gedeel. Ons het dan vir elke vragie ‘n wenner gekies.  Hier is die vragies en wen-antwoorde. Besoek ons Facebookblad vir nog Vra-jou-kind-kompetisies en nog vele meer!

Vragie: Wat wil jy doen as jy eendag groot is?

Wenner: (Petronelle Steyn) Suzelle 4 jaar: “ Niks, ek wil nie groot word nie, want dan gan ek oud word!”

Vragie: Hoekom het diere sterte en nie mense nie?

Wenner: (Christa Pieters) Angel 5 . Want prinsesse sal mos dom lyk met sterte… Waar gaan dit in hul rokke pas?

Vragie: Waarheen gaan die son as hy sak?

Wenner (Tanessa Jansen Van Vuuren) Dewan 3jaar oud: “Hy gaan agter die berg slaap as die maan wakker word,

Mamma, ons moet vir hom ook bietjie Milo gee voor hy gaan slaap, laat hy lekker kan rus…”

Vragie: Hoekom het mamma met jou pappa getrou?

Wenner: (Maralise Koekemoer) Tristin 6:” om babatjies te he,waneer gaan jy nog ene kry?”

Vragie: Hoe bly ‘n vliegtuig in die lug?

Wenner: Xadrian (word in september 5):” die vliegtuig het groot windpompe op sy vlerke, hy weet nie wat nie maar dit moet iets doen om die vliegtuig in die lug te hou”

Vragie: Wat is ‘n reênboog en waar kom dit vandaan?

Wenner: Lizelda Jansen van Vuuren) Tamishce 4jr wys net haar vingertjie op en sê:” Liewe Jesus wil mos ook inkleur!”

Vragie: Hoekom hou honde nie van katte nie?

Wenner: (Desre Visagie) Keona 6 : “want katte spot en terg hulle, hulle se die heeltyd… Miaau miaau miaau soos kinders mekaar spot en terg… Na nanna na na”

Vragie: Hoekom kan diere nie praat nie? 

Wenner: (Rene le Roux) Dian 5: “Hulle kan praat Mamma..kan jy nie hoor nie! Taska se alles vir my! Ek dink hulle praat net met kinders, nie Mammas en Pappas en groot boetas nie!”

Vragie: Waar kom geld vandaan?

Wenner:  MG (5), Toe hy kom vra vir geld en ouma se sy het nie nou nie, toe se hy ouma het nog baie blaaie in jou tjekboek……

Vragie: Hoe bly die son in die lug?

Wenner: Sanette Van Rensburg se Zanro(3) “Liewe Jesus het hom met prestik vasgplak!”

Vragie: Hoe besluit jy met wie om te trou? 

Wenner: Esmerelda 6jr:”Ek gaan’ n mamma wees maar ek wil nie trou nie. “ Haar mamma antwoord toe, maar sy kan nie ‘n mamma word sonder ‘n man nie. Waarop Esmerelda toe antwoord:”  Ek gaan vir my werk kry en ‘ n kind koop by die  bank met die kaartjie wat pappa altyd payday gebruik.”