Ons het navraag gekry van ouers wat opsoek is na ‘n lysie van hoë frekwensiewoorde.Hoë frekwensie woorde is woorde wat baie gereeld in Afrikaans voorkom en help ook om lees makliker te maak en om vinniger te kan lees. Hierdie woordjies leer kindertjies in Graad1 aan en kinders leer dit as sigwoorde. M.a.w. hulle moet die woordjie ken deur net na hom te kyk sonder om dit uit te klank. In die leer lees proses, kan jou kind natuurlik in die begin die woordjies klank tot hy/sy gemaklik met die woorde raak.
Ons deel die woorde vir julle op in groepe van 10. Jou kind moet die eerste groep van 10 woordjies blitsvinnig kan lees voor julle na die volgende groep toe gaan. Om dit bietjie meer pret te maak, kan julle flitskaarte maak van dit en dit orals in die vasplak.
Groep1:
die
en
nie
het
‘n
van
is
in
ek
dit
Groep2:
te
hy
sy
wat
om
vir
was
dat
op
maar
Groep 3:
ons
my
sal
met
hulle
daar
as
u
so
aan
Groep 4:
word
toe
kan
jy
nou
sê
dan
kom
hom
Groep 5:
ook
haar
by
gaan
nog
moet
of
al
jou
uit
Groep 6:
sien
oor
hierdie
tot
soos
ou
ander
want
hoe
weet
Groep 7:
tog
voor
julle
sou
hier
sit
groot
waar
kyk
meer
Groep 8:
jaar
ja
onder
goed
gee
kry
staan
dis
doen
bly
Groep 9:
oom
twee
kon
vra
af
loop
geen
water
huis
meneer
Groep 10:
hou
daardie
mense
tyd
hoor
begin
gemaak
mooi
dink
gesê
*** Maak seker jou kind verstaan die betekenis van elke woord en kan die woord gemaklik in ‘n sin gebruik ***
Plaas dit in kolomme en laat jou kind dit van links na regs lees. Net vir 1 minuut ‘n dag. Maak aantekeninge hoe hy vorder. Jy sal verbaas wees hoe hy vorder. Kinders wat nie graag wil lees nie, lees makliker op ‘n rekenaar.